• Welkom by Klipkraal
    Welkom by Klipkraal
Klipkraal is slegs 6km buite Sutherland op die roete na SALT Sterrewag

Ontsnap die gejaagde lewe, die verkeer en stres en omring jouself met ‘n omgewing van rustigheid en stilte waar jy innerlike en uiterlike vrede kan ervaar. Teen sononder, krul op onder n snoesige kombers onder die hemelruim vir ‘n kosmiese vertoning. Die afgesonderde area verseker ‘n asemrowende sterrehemel sonder enige lugbesoedeling en jy sal sprakeloos gelaat word deur die nagtelike skouspel.

Met ysige winters temperature kan die kwik daal tot -15 grade celcius en is dit moontlik dat die water in die waterpype gevries is die volgende oggend.

Daar is drie goed toegeruste, selfsorg huise op Klipkraal:

  • Eselfontein Huis bied 5 volle en-suite slaapkamers in n historiese dubbelverdieping huis, slaap tot 12 persone
  • Langeverwag Huis bied 3 slaapkamers met 2 volle badkamers, slaap tot 6 persone
  • Donkiesrus Kothuis bied 1 slaapkamer met 1 volle badkamer, slaap tot 2 persone 

Al die huise is toegerus met die volgende:

  • Wifi
  • Smart tv
  • Kaggel/Binnebraai
  • Buitebraai areas
  • Elektriese komberse
  • Verwarmers
  • Handdoeke
  • Haardroer
  • Sjampoe
  • Lyfseep
  • Braairooster
  • Engelse tee
  • Koffie
  • Swart sakke
  • Skottelgoedseep
  • Beddens is opgemaak met paslaken, duvet oortreksel, elektriese kombers en 2 kussings per persoon 
  • Ekstra warm komberse in hangkas
  • Afstandbeheerde hek toegang na plaas
  • Sement swemdam vir somer

Wat moet jy saambring?

  • Stap skoene, fiets, verkyker, speserye, kos, drankies, filter koffie,sonskerm, hoed, sonbril, waterbottel, insekweerder, rugsak, boek om te lees, speletjies, musiek, toiletware, blitz, vuurhoutjies, koplig
  • In WINTER maande bring WARM KLERE, WARM BAADJIE, SERP, HANDSKOENE, MUS

 

  • Karoodoring hout te koop @ R40/sak, bestel voor arriveer
  • Koop Karoolam by die plaaslike slaghuis in Piet Retiefstraat (Hoofstraat)